On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

#Plaasaanvalle: 'Doen noodsaaklikste eerste ná aankoms op toneel'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 01 Jul 2020

 #Plaasaanvalle: 'Doen noodsaaklikste eerste ná aankoms op toneel' | News Article

Dit is te verstane dat daar gedagtes van wraak is deur talle wat op tonele van plaasaanvalle aankom.


Frans du Toit, seun van die 82-jarige Janetta en die broer van Wimpie du Toit, wat op hul plaas Lovedale by Petrusburg aangerand, vasgebind en beroof is, sê egter weens sy weermagopleiding het hy geweet hy moet eerste aandag skenk aan die beseerde mense. Daarna moet die toneel beveilig word. Dan eers kan daar gelet word op die soektog na die aanvallers, maar dit bly steeds 'n sekondêre aspek. Du Toit, wat blitsvinnig op die toneel was nadat sy ma en broer deur drie mans aangeval is, is vol lof vir sy mede-boere en die goed gevestige veiligheidstruktuur wat in plek is in dié distrik. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat oor dié aanval Vrydagaand om omstreeks 19:00....


Sien onderstaande PODCAST


Frans was eerste op die toneel omdat hy nie ver van dié plaas bly nie. Hy sê sy ma kon daarin slaag om 'n paniekknoppie in die huis te druk nadat sy en haar seun Wimpie hul voete en hande kon loskry. Dit het gebeur nadat die geskatte drie aanvallers met klapmusse aan te voet op die vlug geslaan het. Hy sê dit wil voorkom of hulle sy ma wou versmoor. Haar gesig was erg gekneus en haar neus is gebreek. Wimpie is met staalstawe oor die kop geslaan nadat hy ondersoek by die verdeelkas buite die huis gaan instel het toe die ligte in die huis afgegaan het. Janetta en Wimpie is in 'n Bloemfonteinse hospitaal opgeneem. Wimpie is intussen ontslaan.

Frans sê hy glo vas met die opvolg van inligting sal die aanvallers aangekeer word. Volgens hom moet mense op plase en kleinhoewes aanvaar hulle is teikens van dié aanvalle en dit sal altyd die geval bly. Boere is ongelukkig in die situasie dat hulle voort moet gaan met sekere bedrywighede op hul plase. Dit vereis dat hulle uit die huis moet gaan, veral saans. "Ons het spilpuntbesproeiingstelsels wat aan- en afgeskakel moet word." Hy sê boere moet daarom die beste van die situasie maak en altyd gewapen wees. Daar moet op enige verdagte aktiwiteite gelet word. Verandering ten opsigte van veiligheid en paraatheid is nou 'n moet. Daar sal 'n nuwe normaal moet wees en boere moet aanpasbaar wees in daardie opsig, sê hy. Gesinne op plase sal meer afhanklik raak van mekaar se veiligheid. 

Volgens hom was daar reeds navraag deur mense  oor veiligheidstrukture van georganiseerde landbou waarby hulle wil inskakel. Dit is goed.  Daar is verskeie hulpmiddele beskikbaar waarmee mense hulself kan beskerm. Dit sluit veiligheidskamers en paniekknoppies in. Gemeenskappe moet net daarvan gebruik maak. 

Boere se verhouding met  hul plaaswerkers is ook van groot belang en die algemene persepsie dat boere in vyandskap met hul plaaswerkers leef, is onwaar. Boere en hul werknemers kom goed oor die weg, sê hy. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.