On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Goeie nuus oor veilingspryse vir lewende hawe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 02 Jul 2020

Goeie nuus oor veilingspryse vir lewende hawe | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...


Sien onderstaande PODCAST


Hy verskaf dié verslag van veilings wat Dinsdag plaasgevind het en sê daar is steeds 'n styging in die mark in die meeste veeklasse. Veral die prys van stoorlammers het 'n groter styging getoon. Dit kan toegeskryf word aan die hofgeding oor die uitvoer van lewende skape in die Oos-Kaap, na die Midde-Ooste. Derksen sê indien daar deur die hof bevind word dat dié skape nie per skip na die Midde-Ooste uitgevoer kan word nie later vandeesmaand, hou dit vir seker negatiewe gevolge in vir die plaaslike mark. 'n Groot hoeveelheid skape sal dan weer terug in die plaaslike mark geplaas word.    

Speenkalwers onder 200kg het teen R32,89 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg teen R33,11 en speenkalwers oor 250kg het teen R30,05 per kg verkoop.

 

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste     - Geen 

B-klas beeste     - R20,13 per kg

C-klas vet koeie  - R19,18 per kg

Maer koeie          - R15,00 na R16,81 per kg

Slagbulle              - R21,84

Skape

Stoorlammers      - R49,51 per kg

Slaglammers        - R38,51 per kg

Stoorskape           - R27,30 per kg

Vet skape               - R28,15 per kg

Bokke

Lammers             -  R40,13 per kg

Ooie                      - R30,00 per kg

 

Derksen  meen ook die uitvoer van plaaslike lewende skape per skip na die Midde-Ooste, is tot voordeel van die plaaslike mark. Hy sê dit is goed dat die prys van skape op veilings toenemend styg en hy skryf dié styging toe aan 'n ekstra mark wat geskep is deurdat plaaslike skape na die Midde-Ooste uitgevoer word.

Volgens hom is dit is 'n tragedie dat die Dierebeskermingsvereniging (DBV) nou krap waar dit nie jeuk nie. 

Derksen verstaan nie waarom die DBV nie 'n "nare ding soos geloofslagtings" by abbattoirs teenstaan nie, want dit is sekerlik 'n baie erger pyn en lyding vir diere.

Hier is Derksen....


OFM-nuus







Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.