On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 06 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies: 

Die Amerikaanse mieliemark was einde verlede week hoofsaaklik onder druk gewees en het laer gesluit.

Die weeklikse Amerikaanse mielie-uitvoer is verlede week op sowat 622 000 ton gerapporteer, wat mooi in die middel van die weeklikse handelsverwagtinge was.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir beide wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R5 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 603 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R12 per ton laer verhandel om teen R2 711 per ton te sluit.


Sojabone: 

Die Amerikaanse sojaboonmark het einde verlede week onder druk gekom weens 'n oorspoeleffek vanaf ander markte.

Die weeklikse Amerikaanse sojaboonuitvoer is verlede week op sowat 1.083 miljoen ton gerapporteer  wat mooi in die middel van die weeklikse handelsverwagtinge was.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R30 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 930 per ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het einde verlede week skerp onder druk gekom en het laer gesluit.

Die weeklikse Amerikaanse koringuitvoer is verlede week op ongeveer 485 000 ton gerapporteer, wat mooi in die middel van die weeklikse handelsverwagtinge was.

Die plaaslike koringmark het Vrydag gemeng verhandel met die nabymaand-kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl die verdere maandkontrakte onder druk gekom het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R45/ton hoër verhandel om teen R5 430/ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.