On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Droogtegebiede in NK kan later vandeesweek reën verwag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 06 Jul 2020

 Droogtegebiede in NK kan later vandeesweek reën verwag | News Article

'n Verwagte kouefront eerskomende Vrydag bring hoop vir produsente in die winterreënvalgebiede van die Wes- en Noord-Kaap, wat nou reën nodig het.


Quinton Jacobs, 'n voorspeller van die Bloemfonteise weerkantoor sê  reën kan in die westelike en suidelike  winterreënvalgebiede van die droogtegeteisterde Noord-Kaap voorkom... OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat... 


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dié front beweeg deur met bolug-ondersteuning vanaf die Wes-Kaap, wat ook 'n invloed op die Noord-Kaap kan hê. Die kouefront gaan gebiede in die Vrystaat en Noordwes in 'n mindere mate raak, terwyl die westelike en suidelike gedeeltes van die Noord-kaap reën uit dié stelsel kan kry. Die res van die sentrale binneland kan vandeesweek normale winterstoestande, verwag. Kouer toestande word soggens voorspel met warmer sonnige toestande wat smiddae kan voorkom.  Makismum dagtemperature kan wissel tussen 18 grade Celsius en 25 grade Celsius. In die noordwestelike hoek van die Noord-Kaap in gebiede by Augrabies, kan die kwik tot 'n minimum dagtemperatuur van tot 27 grade Celsius styg.  Jacobs sê  in gebiede in die Vrystaat, soos Bloemfontein, Bethlehem, Ficksburg, Kimberley en De Aar in die Noord-Kaap, kan minimum temperature van onder vriespunt en selfs tot -4 en -5 grade Celsius daal, sê hy. 

Dit was Quinton Jacobs, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor. Bly ingeskakel wanneer ons later in die program oor die verwagte weerstoestande vir vandag praat.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.