On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Wes-Kaapse koringaanplantings voltooid, vorder goed in binneland

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 06 Jul 2020

 Wes-Kaapse koringaanplantings voltooid, vorder goed in binneland | News Article

Terwyl Suid-Afrika se kommersiële mielie-oes dié seisoen alle verwagtinge kan oortref, vorder die produksie van wintergrane en veral koring in die Wes-Kaap goed.


Luan van der Walt, 'n landbou-ekonoom van Graan SA (GSA), sê die plantproses van koring in die Wes-Kaap, wat die land se grootste produksiegebied is, is afgehandel. Dit het egter nie sonder uitdagende produksieomstandighede plaasgevind nie. Produsente in dié provinsie was genoodsaak om met hul aanplanting voort te gaan in die optimimum plantvenster, terwyl droogtetoestande geheers het. Van der Walt sê dit het egter daarna beter gegaan met wydverspreide reën wat die afgelope tyd in 'n groot deel van die Wes-Kaap voorgekom het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê koringboere se grootste bekommernis aanvanklik was toe hulle voort moes gaan met aanplantings in droë grond. Indien van die boere toe selfs min reën gekry het, was daar dalk genoeg grondvog beskikbaar vir die graan om te ontkiem, want sonder vog kan probleme ontstaan met swak opkoms en stand van gewasse. Dít was in sekere gebiede wel die geval, maar die grootste terugvoer wat ontvang is van produsente in dié gebiede is gunstig. Hy sê boere is  dankbaar oor die seisoen en hoe dit in dié stadium daarna uitsien.  Welkome reën wat voorgekom het, maak boere hoopvol vir 'n goeie koringseisoen.  Van der Walt sê dit moet in berekening gebring word dat koring  as 'n gewas baie uitdagings bied in die Wes-Kaap en selfs in die noordelike droëland produksiegebiede. September is 'n belangrike maand vir boere en hul koringoeste, en die hoop vir nog reën tot dan is groot.  

In die noordelike gedeeltes van die land is die aanplantingsproses vir wintergrane ook aan die gang, met produsente wat in dié gebiede tot die einde van vandeesmand het om koring aan te plant. Van der Walt sê in die westelike gedeeltes van die Vrystaat, waar dit ook dié seisoen laat gereen het, was daar oorlê-landerye waarop aanplantings plaasvind. Dié aanplantings vorder egter goed. 

Van der Walt sê in terme van die internasionale koringmark is daar baie voorraad beskikbaar, met die verwagte wêreld-eindvoorraadvlakke wat op nuwe rekordvlakke geskat word.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.