On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriSA: Hou polisie verantwoordelik vir pligte, veral nou met toenemende plaasaanvalle

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 06 Jul 2020

#AgriSA: Hou polisie verantwoordelik vir pligte, veral nou met toenemende plaasaanvalle | News Article
FOTO: The South African

Met die toename in aanvalle op plase en kleinhoewes regoor die land, is dit nou van groot belang dat daar steeds op die polisie staatgemaak word om landsburgers te beskerm.


Dit is volgens Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, wat landbougemeenskappe nou tot kalmte maan. Esterhuyse sê die toenemende vlak van dié aanvalle is ernstig, maar die gereg moet nie in eie hande geneem word nie. Die polisie moet sy rol vervul. Esterhuyse gee sy versekering dat Agri SA hom daarop toespits om seker te maak die polisie kom sy verpligtinge na. Hy sê samewerking tussen georganiseerde landbou en die polisie is daarom noodsaaklik en boeregemeenskappe moet verantwoordelik op tree. Die polisie  moet verantwoordelik gehou word om sy grondwetlike plig na te kom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Esterhuyse gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê landelike gemeenskappe bly sagte teikens met 'n bestaande persepsie dat daar in die meeste gevalle altyd geld en vuurwapens op plase is. Dít, rekenaartoerusting en selfone word in die meeste gevalle in plaasaanvalle gebuit. Volgens Esterhuyse is die oplossing met betrekking tot die aanvalle wat nou hoofsaaklik op ouer mense gerig word, 'n Suid-Afrikaanse regering wat nie vyandig teenoor die landboubedryf staan nie. 'n Regering word benodig, wat die politieke wil het om ongewilde besluite tot voordeel van dié bedryf te neem. Dit is noodsaaklik in terme van landelike veiligheid en voedselsekerheid.  Agri SA wil ook met politici in gesprek tree in 'n poging om dié gesindheid van die regering te verander.  Hy meen as alle politieke gebeure in die verlede asook in die toekoms saamgeweeg word, is die grootste belangrike aspek kosproduksie en die regering sal dit nou vinnig moet besef.  

Dié organisasie gee sy versekering dat hy voortgaan om landelike veiligheid op die voorgrond te plaas en dié toename in voorvalle met die polisie op 'n hoë vlak in die komende twee weke op te neem. Dit is die hoofdoel en moet so spoedig moontlik plaasvind, sê hy. Die aanvalle sal weer beklemtoon word en dit is van belang dat tekortkominge uitgewys word om sodoende oplossings daarvoor te vind.  Veiligheid van gemeenskappe in landelike gebiede moet dringend op standaard kom. 

Daarmee saam, sê Esterhuyse, met die toename in aanvalle op plase en kleinhoewes, is dit nou waardevol dat bydraes tot Agri SA se Agri Securitas Trustfonds gemaak word in 'n poging om gemeenskappe, wat boere en plaaswerkers insluit, te beveilig.  Bydraes word deurlopend deur dié fonds aan boerderygemeenksappe oor die land heen gedoen om hulself te beskerm. 

Daarom vra Esterhuyse dat individue, asook die private sektor, se hulp om skenkings aan dié trusfonds te maak. Hy meen indien boere se veiligheid mense raak, kan skenkings gemaak word, want fondse is in die stadium onder druk. Dit is 'n hulpkreet aan Suid-Afrikaners omdat boere ook gebuk gaan onder lae produkkoste en hoë insetkoste. Geldelike skenkings aan dié fonds word aangewend om nuwe tegnologie aan boerderygemeenskappe te verskaf, wat al baie vrugte afgewerp het. Die nuwe tegnologie sluit in sekuriteitskameras, tweerigtingradios en hommeltuie.  

Geldelike skenkings kan gemaak word aan die Agri Securitas Trusfonds met die ABSA Besigheidsbank rekeningnommer;  4055 7816 87, die takkode is 632005.

Dit was Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, slegs op die Agri-Uur. Intussen het Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), sy misnoeë uitgespreek met die toename in ernstige geweldmisdrywe, wat aanvalle op plase veral langs die Lesotho-grens insluit.  Dit kom nadat daar in 'n bestek van 12 dae drie aanvalle op plase in dié gebied, wat Kommissiepoort, Zastron en Boesmanskop insluit, voorgekom het.  In die mees onlangse aanval is 'n bejaarde vrou, Daleen van der Hoeven, Vrydagoggend vroeg ernstig beseer in die Boesmanskap-gebied. Sy is in haar eie motor ontvoer tot by die grens, waarna sy agtergelaat is. Sy kon egter daarin slaag om hulp te gaan soek by Lesotho-burgers wat aan haar bekend is. Suid-Afrikaanse boere is in kennis gestel, wat hulp kom verleen het.  

Gert van der Walt is verlede Saterdag op sy plaas Brakfontein in die Zastron-gebied aangeval, terwyl 'n bejaarde boer, John Parr, sy vrou, hul skoonseun en kleinkinders voorverlede Vrydag ook aangeval en beroof is op hul plaas in die Kommissiepoort-gebied. In beide die Van der Walt- en Parr-aanvalle is booswigte noodlottig gewond.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.