On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Veilingspryse vir lewende hawe steeds op goeie vlakke

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 09 Jul 2020

Veilingspryse vir lewende hawe steeds op goeie vlakke | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen sê die prys wat behaal is vir diere op veilings styg steeds goed. Daarmee saam is die prys van lammers hoog, wat goeie nuus is vir produsente. Die grootste uitdaging steeds in die landboubedryf  in die stadium is 'n toename in misdrywe op plase, wat aanvalle op landbougemeenskappe insluit, asook 'n toename in veediefstal wat produsente kniehalter. 

Volgens Derksen het speenkalwers onder 200kg op die weeklikse veilings Dinsdag in Kroonstad in die Vrystaat teen R33,66 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R32,50 en speenkalwers oor 250kg het teen R29,88 per kg verkoop.

 

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste      - Geen 

B-klas beeste      - R20,05 per kg

C-klas vet koeie  - R19,21 per kg

Maer koeie          - R15,00 na R17,25 per kg

Slagbulle              - R21,75

Skape

Stoorlammers      - R48,51 per kg

Slaglammers        - R38,78

Stoorskape           - R28,06 per kg

Vetskape               - R28,31 per kg

Bokke

Lammers              - R45,00 per kg

Ooie                      - R30,32 per kg



Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.