On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 10 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Die verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die September-mielieprys in Amerika het gestyg weens ‘n rondte tegniese aankope wat plaasgevind het.

Etanolproduksie het  vir 'n tiende week agtereenvolgens gestyg in die nuutste Petroleum Voorraad Status-verslag wat die Amerikaanse energie-inligtingsadministrasie uitgereik het vir die week. Die Amerikaanse weeklikse etanolproduksie is tans 70% hoër as 11 weke gelede toe die volle mag van die pandemie die vraag na etanol belemmer het.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het hoër verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir beide wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R19 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 628 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R15 per ton hoër verhandel om teen R2 726 per ton te sluit.

Die sojaboonpryse vir Augustus het in Amerika ‘n hupstoot gekry weens voorspellings vir warm en droë weer wat voorlê.

Sojabone:

In Donderdag se USDA oesvorderingsverslag is die gehalte-gradering vir sojabone in 'n uitstekende toestand, 14% (1% hoër as die vorige week) en dié in 'n goeie toestand, 57% (1% laer as die vorige week).

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk verkeer en het laer verhandel vir die tweede dag agtereenvolgens in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R4 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 936 per ton te sluit.

Koring:

Laer oppervlaktesvoorspellings In Argentinië en Brittanje, saam met opbrengsteverminderinge van Rusland en Frankryk vroeër die week, het vir die Amerikaanse koringpryse ondersteuning gebied.

Winterkoringoesproses is reeds 56% voltooi wat 1% vinniger is as die 5 jaar gemiddelde tempo. Die lentekoring se gehaltegradering is deur die USDA in Donderdag se oesvorderingsverslag verhoog na 11%, in 'n uitstekende toestand en 59% in 'n  goeie toestand.

Die plaaslike koringmark was gister wisselvallig en het sywaarts tot laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020 R17 per ton laer verhandel om teen R5 649 per ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.