On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Cape Wools wolmarkverslag: SA wolseisoen sluit op goeie noot af

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 10 Jul 2020

Cape Wools wolmarkverslag:  SA wolseisoen sluit op goeie noot af | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag wat deur Cape Wools SA aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Die wolseisoen vir 2019/20 het vandeesweek op 'n positiewe noot afgesluit. Op die laaste nasionale veiling in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is 94,1% van die meer as 9 750 bale wat aangebied is, verkoop. Luidens 'n Cape Wools SA verslag het die mark met 0,9%, oftewel 130 punte verbeter teen 'n waarde van R145,66 per kg.  Die Rand was met 0,9% sterker teen die Amerikaanse Dollar en het 'n toename van 0,3% teenoor die Euro getoon, teenoor die vorige veiling. Luidens die verslag het die mark langsaam begin met goeie toenames op die tweede dag om met 0,9% meer teenoor die vorige veiling te sluit. 

Die Australiese mark het ook laer geopen, maar positief gesluit met die Australiese EMI wat met 1,8% toegeneem het. Die goeie gehalte merino-vagwol het sterk mededinging uitgelok, veral in die medium mikron klasse. Volhoubaar geproduseerde wol het ook goed vertoon.

Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA, Modiano SA, en Stucken & Co en Lempriere SA.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron-kategorieë, wat goeie en lang kamwoltipes insluit, was 18,0 mikron wol daal met 2,0% en sluit teen R167,48 per kg; 18,5 mikron woltipes neem toe met 0,4% en sluit teen R159,12 per kg; 19 mikron tipes wol verhoog met 0,3% en sluit teen R152,40 per kg; en 19,5 mikron versterk met 1,9% en sluit teen R150,01 per kg. 

20 Mikron woltipes het met 0,2% toegeneem en sluit op R146,69 per kg, terwyl 20,5 mikron tipes 0,3% sterker vertoon het en op R144,02 per kg gesluit het. 21,0 Mikron tipes styg met 1,3% en sluit op R144,74 per kg en 21,5 mikron tipes neem met 1,0% af en sluit op R144,34 per kg. 22 Mikron tipes daal met 1,5% en sluit op R140,90 per kg en 22,5 mikron vertoon 1,7% beter en sluit op R137,85 per kg. 

Om na nuusinsetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en The Agri-Hour.  Kliek op News vir jou jongste nuus in die landboubedryf wat weeksdae in OFM se landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30 aan jou gebring word. Bel Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na news@ofm.co.za.


OFM-nuus

 


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.