On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 13 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mielieprys het Vrydag met sowat 3% gedaal, omdat handelaars die jongste weervoorspellings en oesdata van die Amerikaanse landboudepartement (USDA) moes "verteer".

Dié departement het in die WASDE-verslag kennis geneem van 'skerp laer voorraad', en ook laer voer en residuele gebruik met hoër voedsel, saad en nywerheidsgebruik.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het hoër verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- en geelmielies.

Daarmee saam het die witmieliemark vir lewering in Julie vanjaar R19 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 646 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R14 per ton hoër verhandel om teen R2 741 per ton te sluit.

Sojabone:

Die prys van sojabone het Vrydag ongeveer 1% laer verhandel in Amerika weens 'n rondte tegniese verkope en weens gunstiger weervoorspellings, asook kommer oor die verhouding tussen dié land en China.

Wêreldeindvoorrade vir sojabone in die 2019/20-seisoen het effens gestyg tot 99 miljoen ton, terwyl die eindvoorrade in die wêreld vir  2020/21 tot 95 miljoen ton gedaal het. Ontleders het toenames vir albei datapunte verwag.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het hoër verhandel in meeste van die kontrakmaande. 

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R63 per ton hoër verhandel om teen R6 995 per ton te sluit.

Koring:

Die koringprys was Vrydagoggend gemeng, maar het meestal hoër in Amerika verhandel, wat veroorsaak is deur die algemeen gunstige vraag en aanbod van data van dié land se landboudepartement. 

Dié departement  het “groter voorrade, laer huishoudelike gebruik, onveranderde uitvoer en verhoogde voorrade” vir koring opgemerk. 

Dit het daartoe gelei dat eindvoorraad vir 2020/21 met 462 000 ton tot 25,636 miljoen ton gestyg het. Ontleders het ‘n effens groter totaal verwag.

Die plaaslike koringmark was  wisselvallig en het opwaarts geëindig in meeste van die kontrakmaande..

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie, R58 per ton laer verhandel om teen R5 593 per ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.