On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19-hulp: DA soek nou daadwerklike aksie in NK

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 13 Jul 2020

#Covid19-hulp: DA soek nou daadwerklike aksie in NK | News Article

Die DA in die Noord-Kaap plaas nou druk op die regering om aan boere 'n tweede kans te gee om aansoek te doen vir die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se nasionale Covid-19-hulpfonds van R1,2 miljard.


Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, sê dit kom nadat kleinboere en kleiner kommersiële boere in dié droogtegeteisterde provinsie ontevrede is oor gebrekkige ondersteuning en deursigtigheid rakende dié befondsing. Sy sê bykans 80% van boere se aansoeke uit die Noord-Kaap is nie deur die regering goedgekeur nie. Dit nadat hulle aan die nodige vereistes vir dié hulp voldoen het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Liebenberg gepraat...


Sien onderstaande PODCAST

Liebenberg sê die DA het reeds 'n brief geskryf aan die provinsie se nuut-aangestelde LUR van landbou, Mase Manopole, asook die premier, Zamani Saul. 'n Lys gaan daarin aangevra word van alle begunstigdes, sook die kriteria waaraan elke aansoeker moes voldoen om vir befondsing in aanmerking te kom. Daar sal ook op nasionale vlak druk toegepas word vir 'n tweede fase van die Covid-19-hulp om aan aansoekers, wat in die eerste fase nie hulp ontvang het nie, nou die geleentheid te bied. 

Sy sê die DA het ook reeds 'n versoek  aan landbouminister, Thoko Didiza, gerig waarin sy redes moet verskaf aan die boere, wat nie suksesvol was tydens die eerste aansoekproses nie. 

Liebenberg meen dit wil voorkom of daar nie "konsekwente reëls" deur die regering in dié verband toegepas is nie.  Dié afkeur van die aansoeke kan nie geëvalueer word nie, want daar word nie voldoende terugvoer vanaf die deparetement verskaf nie.  Intussen het  'n groot hoeveelheid van dié boere, wat hulp broodnodig het, dit nie ontvang nie terwyl hulle aan die departement se vereistes voldoen het.  

Volgens haar is dit waar die groot probleem lê. Dié boere het nie die geleentheid ontvang om hul aansoeke reg te stel waar daar moontlik tekort geskiet is nie. Dit hou veral verband met die voltooing van die aansoekvorms . Kleinboere het die DA genader en gesê dit is 'n "onuithoudbare situasie", omdat hulle van ander boere verneem wat wel hulp in die vorm van koopbewyse ontvang het, en dié boere is presies in dieselfde situasie as diegene wie se aansoeke nie suksesvol was nie.  Liebenberg meen talle kleinboere het nie toegang tot eposse of die internet gehad om hul aansoeke elektronies in te dien nie. 

Dié boere was genoop om dié aansoekvorms per hand te voltooi en af te lewer by onderskeie landboukantore in die provinsie. Daarmee saam het hulle nie veel hulp ontvang met die voltooiing van die proses nie.  Daar was deurlopend geen terugvoer vanaf die departement aan diegene wat aansoek gedoen het nie. Sy sê dit moet ook in ag geneem word dat boere in die Noord-Kaap onder erge droogtetoestande gebuk gaan .

Daarom meen die DA die eerste aansoeke, wat onsuksesvol was, moet weer deurgegaan word en die aansoeke wat afgekeur is moet ontleed word sodat daar vasgestel kan word waar daar foute is en die aansoekvorms dalk moontlik verkeerd voltooi is.  Dié boere wat in die eerste aansoekproses onsuksesvol was moet dan eerste in ag geneem word met die tweede rondte van die Covid-19-hulpverlening. 

Liebenberg sê boere in droogtetoestande kan nie só lank wag vir die regering nie, en veral nie in die Noord-Kaap waar die landboubedryf die grootste werkskeppende bedryf is nie.  Dit wil voorkom of die regering op ander kwessies fokus en nie  'n greep het op dit wat tot ekonomiese groei in dié provinsie kan ly nie, meen sy.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.