On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets: CheraLee gesels oor haar jongste enkelsnit, 'As Môre Kom'

───   17:44 Tue, 13 Apr 2021

Klanktoets: CheraLee gesels oor haar jongste enkelsnit, 'As Môre Kom' | News Article
Fotokrediet: CheraLee / Verskaf.

“Die lewe is kort en die dag van môre is nié verseker nié.” Dít is die boodskap wat plaaslike kunstenaar, CheraLee in haar splinternuwe enkelsnit, 'As Môre Kom', wil oordra.

Dié liedjie en sy musiekvideo is onlangs vrygestel en OFM Nights se Renaldo Schwarp het met CheraLee oor haar jongste enkelsnit igesels.

'As Môre Kom' herinner die luisteraar daaraan dat ’n mens elke dag voluit moet lewe en dit is perfek vir die dansvloer - kyk die musiekvideo hieronder:


“Ek en my man het vroeg in ons verhouding ’n uitval gehad wat ons baie omgekrap het. Ek het my pa en stiefma genader vir raad oor hoe om dié situasie te red. Beide van hulle het hul vorige lewensmaats aan die dood afgestaan en die boodskap aan ons was om mekaar met respek te hanteer en elke dag ons liefde aan mekaar te wys,” vertel CheraLee.

“Hulle het baie ernstig met ons gesels en gevra dat ons moet seker maak dat ons nie oor klein goed baklei nie, maar mekaar eerder elke dag te koester, want die lewe is baie kort,” het sy gesê.


Podcasts

Luister na die gesprek hier:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.