On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

OFM Nights

#BoekHoek: Fanie Viljoen se 'Die dag toe die draak kom'

───   17:57 Mon, 10 May 2021

#BoekHoek: Fanie Viljoen se 'Die dag toe die draak kom' | News Article

Fanie Viljoen en Tumi Steyn het onlangs die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Tienie Holloway-medalje vir kinderliteratuur ontvang. In die #BoekHoek gesels Renaldo Schwarp met Fanie Viljoen.

'Die dag as die draak kom', ’n kinderboek rondom seksuele misbruik is deur Fanie Viljoen geskryf en Tumi Steyn het die boek geïllustreer.

LUISTER OOK: Protea Boekhuis opsoek na illustreerders

Die boek slaag goed daarin om die tema van molestering en seskuele misbruik aan te spreek op ’n manier wat vir kinders tussen ses en twaalf jaar verstaanbaar is. 

Dié aangrypende verhaal bemagtig kinders deur middel van ’n karakter en storie waarmee kinders kan identifiseer. Hierdeur word die gevaartekens van seksuele misbruik uitgewys asook maniere hoe om in so ’n situasie op te tree.

Fanie Viljoen gesels in die #BoekHoek met OFM Nights se Renaldo Schwarp oor die Tienie Holloway-medalje vir kinderliteratuur, asook die belangrikheid van hierdie boek.

Luister na die potgooi hieronder.


Podcasts

#BoekHoek: Fanie Viljoen se 'Die dag toe die draak kom':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.