On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

OFM Nights

BoekHoek: Marinda Engelbrecht het 'n nuwe kookboek

───   13:50 Mon, 17 May 2021

BoekHoek: Marinda Engelbrecht het 'n nuwe kookboek | News Article

Marinda Engelbrecht gesels in die #BoekHoek met OFM Nights se Renaldo Schwarp om meer te vertel oor haar nuwe boek, 'Marinda se koskas'.

Marinda Engelbrecht kook al die afgelope paar jaar lekker op plaaslike televisieskerms. Sy het vier seisoene van 'Maklik met Marinda' op VIA TV aangebied en is tans mede-aanbieder van 'Laat die Potte Prut'.

Marinda het ook 'n splinternuwe kookboek op die rak; 'Marinda se Koskas'. 

Die boek maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Die resepte is in alledaagse taal geskryf vir elke kosliefhebber, vir elke dag se gebruik.

Marinda gesels in die #BoekHoek met OFM Nights se Renaldo Schwarp om meer te vertel oor haar koskas - luister na die potgooi hieronder.

'Marinda se Koskas' is by alle goeie boekwinkels asook aanlyn beskikbaar.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.