On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

At Lunch

Kontreikuiers: Boekedorp se Angie Gallagher

───   11:48 Wed, 19 May 2021

Kontreikuiers: Boekedorp se Angie Gallagher  | News Article

In hierdie week se episode kuier Cyril in Afrika se enigste Boekedorp, Richmond, in die Noord-Kaap!

In Kontreikuiers kuier en klets At Lunch se Cyril Viljoen elke week met kleurvolle en interessante persone regoor sentraal Suid-Afrika.

LUISTER OOK: Ilonke van der Westhuizen van die Swart Kat Gallery

Hy gesels met skrywer en potgooi-aanbieder, Angie Gallagher, wie in 2010 ’n BA Kommunikasiegraad met filosofie aan die Noordwes-Universiteit voltooi het. Na afloop hiervan is sy vir twee jaar Engels-onderwyser in Suid-Korea en beklee daarna ’n meer korporatiewe pos.

Tans is Angie ’n vryskutskrywer op Richmond in die Bo-Karoo en is ook betrokke by die dorp se Boekbedonnerd-fees. Die fees, wat nou al ’n instelling in dié dorp geraak het, se program is jaarliks volgepak met gesprekke met gerekende Suid-Afrikaanse skrywers, sowel as nuwe skrywers in die Suid-Afrikaanse literêre sfeer.

LUISTER OOK: Hein Griesel van Die Aasvoël Klub in Bloemfontein

In haar gesprek met Cyril deel Angie ondermeer oor die eerste keer wat sy na ‘n radiostasie ingebel het en hoe dit haar liefde vir die medium geprikkel het. Luister na die potgooi hieronder.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.