On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

OFM Nights

'Elders' verken Namibië in nuwe reeks

───   18:27 Wed, 28 Jul 2021

'Elders' verken Namibië in nuwe reeks | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met Erns Grundling oor die nuwe seisoen van hierdie gewilde reisprogram. Luister na die potgooi hieronder.

Vir die vierde seisoen van die SAFTA-bekroonde 'Elders', het die aanbieder Erns Grundling en die kameraspan na Namibië gereis om daar die land van hoek tot kant te deurkruis. 

Luister na die gesprek op OFM Nights hieronder:

LEES OOK: 'Ouma Weet Mos' terug op die kassie

Die span het 45 dae in Namibië spandeer en het in die land naby aan 8000 km in twee voertuie afgelê. Hulle het begin in die suide by die Oranjerivier naby die Noordoewer-grenspos en stelselmatig noord beweeg deur die Namib Rand. Hulle het ingeloer by Sossusvlei en Solitaite en aangestoot tot by Walvisbaai en Swakopmund.

Hierdie reeks saai vanaf Woensdag 28 Julie 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.