On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#Kunsteklop - Vrystaat Kunstefees se kreatiwiteit stop nie

───   10:32 Thu, 16 Sep 2021

#Kunsteklop - Vrystaat Kunstefees se kreatiwiteit stop nie | News Article

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met Corneli van den Berg, Vrystaat Kunstefees-direkteur. Luister na die potgooi hieronder.

Die Vrystaat Kunstefees kondig met groot opgewondenheid aan dat die kunstefees vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar gasheer sal wees vir ’n wye verskeidenheid digitale aanbiedinge. 

Die fees se digitale komponent, die Snelstroom-program, wat uit ’n Hoofstroom en Vrystroom bestaan, sal vanaf Oktober 2021 van stapel gestuur word.

LEES OOK: Kreatiwiteit tydens Covid vanuit 'n Dr se spreekkamer

Die Vrystaat Kunstefees se gebruiklike artistieke program van opvoerings en jaarlikse kunstemark wat op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat aangebied word, sal egter nie vanjaar aangebied word nie.

Die Vrystaat Literatuurfees se aanlyn-inisiatief, VrySpraak-digitaal, wat reeds sedert Maart aanlyngesprekke aanbied, word voortgesit. Die in-persoon boek- en digkunsgesprekke wat aanvanklik vir Oktober beplan is, sal ook na aanlynplatforms geskuif word.

Alhoewel die kunstefeespersoneel reeds maande aan die beplanning van die fees werk, het dit duidelik geword dat die afstel van die gebruiklike artistieke program en kunstemark onafwendbaar is. Dit is veral die onsekerheid oor die geprojekteerde verloop van die derde vlaag, Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging op 28 Junie dat die land na vlak-4 Covid-inperking beweeg, en die onluste van die laaste etlike weke, wat hierdie besluit teweeg gebring het.

Die kapasiteitsbeperkings wat op die verskeie inperkingsvlakke geld, maak die aanbieding van die kunstefees onmoontlik. Dit is veral die finansiële implikasies wat ter sprake is. Om die voortbestaan van die Vrystaat-gesetelde kunstefees te verseker, is dit op hierdie stadium van kardinale belang om broodnodige reserwes op te bou. Sodoende sal die oorlewing van die kunstefees verseker word, en sal die kunstefees toekomstig vir kunstenaars kan ondersteun om produksies en projekte aan te bied.

Atie Kamper, organiseerder van die kunsmark, sê: “ons gaan nou konsentreer op die Fees in 2022, en ons hoop oor ’n jaar is almal ten volle ingeënt sodat daar weer met vertroue ’n fees gehou kan word”.

Benewens die Snelstroom- en VrySpraak-digitaal programme wat steeds aangebied word, beoog die Vrystaat Kunstefees ook velerlei ander projekte, insluitend die Kreatiewe Praktyke Laboratorium, aangebied in samewerking met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief, die Vrystaat Klank en Klassiek mini klassieke musiekfees wat vir November beplan word, ’n Vrystaat-Kuns-en-Gesondheid virtuele mini-kongres, die Pan-Afrika Kreatiewe Uitruil Dramaturgiese Laboratorium, en ’n opwindende nuwe dansprogram in 2022.

Die Vrystaat Kunstefees 2021 se digitale komponente, die Snelstroom-program, word vanjaar vanaf Oktober van stapel gestuur. Die literêre program, VrySpraak-digitaal, gaan voort. Die gebruiklike fisiese artistieke program en jaarlikse kunstemark van die Vrystaat Kunstefees word egter nie vanjaar aangebied nie.


Podcasts

#Kunsteklop - Die Vrystaat Kunstefees se kreatiwiteit stop nie:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.