On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets: Ruan Xen, Casper Stone span kragte saam op 'Mis Jou Nie'

───   18:37 Thu, 16 Sep 2021

Klanktoets: Ruan Xen, Casper Stone span kragte saam op 'Mis Jou Nie' | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met Casper Stone oor die enkelsnit, 'Mis Jou Nie'. Luister na die potgooi hieronder.

Meer as ‘n dekade gelede het Casper Stone & Ruan Xen weergawes van bekende liedjies by kroeë, troues en funksies gespeel vir ekstra inkomste. By een van die optredes het Xen vir Stone ‘n rowwe weergawe van ‘n nuwe lied, 'Mis Jou Nie', wat hy geskryf het, gespeel. 

LEES OOK: Bloemfonteiner Devan se ‘Een Goeie Rede’

Die liedjie het Stone dadelik diep getref en hy het geweet dat dit iets spesiaal is. Hy het aan homself en Xen ‘n belofte gemaak dat 'Mis Jou Nie' eendag die volle produksie en blootstelling sal kry wat dit verdien. Tien jaar later en die belofte het tot vervulling gekom.


Die musiekvideo vir 'Mis Jou Nie' is ‘n reis deurdie gedagtes van iemand wat sopas deur hierdie ondervinding is. Stone en Xenwou ‘n gevoel skep waar ‘n mens deur die simboliese, `n dieper begrip kan hê oordie kern- boodskap van die liedjie. 


Podcasts

Ruan Xen en Casper Stone span kragte saam op 'Mis Jou Nie':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.