OFM Nights
Boekhoek: Bekroonde toneelstuk nou 'n boek─── 18:34 Mon, 27 Sep 2021
Die skrywer van 'In Slavenhuis 39', Herschelle Benjamin, gesels met OFM Nights se Renaldo Schwarp oor sy nuwe boek. Luister na die potgooi hieronder.
'In Slavenhuis 39' is ’n drama wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat ’n woonstel op Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het.
LEES OOK: Ryan Pedro se 'Pienk ceramic-hondjies'
Die vier probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Hulle sukkel in die dorp waar hulle kom studeer, en hulle sukkel om oor die weg te kom met mekaar.
Maar iewers tussenin is daar tog iets wat hulle saamsnoer. Nie net probeer hulle hul eerste studiejaar slaag nie, maar ondersoek ook wat bruinwees nou eintlik beteken in hedendaagse Suid-Afrika.
'In Slavenhuis 39' het by die Woordfees gedebuteer en is benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings. Die toneelstuk het ook die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaar ontvang.
Boekhoek: Bekroonde toneelstuk 'In Slavenhuis 39' nou 'n gepubliseerde boek: