On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

OFM Nights

Neil Somers besing onmisbare liefde in nuwe enkelsnit

───   18:31 Tue, 19 Oct 2021

Neil Somers besing onmisbare liefde in nuwe enkelsnit | News Article

Met sy splinternuwe enkelsnit, Jy is Water, gaan Neil Somers harte roer en mense aanmoedig om hul liefde aan mekaar te bely. Hy gesels met OFM Nights se Renaldo Schwarp - luister na die potgooi hieronder.

Hy breek ook sy musiekdroogte van vyf jaar met dié langverwagte snit en gelykname album.

LEES OOK: Emil Paul, Zanzi Africa blaas nuwe lewe in enkelsnit

“Dié liedjie gaan oor daardie spesiale persoon wat vir jou letterlik so belangrik is soos wat watervir ons is,” het hy verduidelik.

'Jy is Water' is deur Somers gepen en het ’n country-rock-aanslag met kenmerkende popklankedaarby.

“Daar is nie regtig een storie agter die liedjie nie, maar dis wel vanuit ’n man se oogpunt aan sy vrou. Ek dra dit natuurlik op aan my vrou, Tarien, maar ek hoop baie ander kan dit gebruik enook die inspirasie daaruit put om hul liefde vir iemand te verklaar,” het hy gesê.



Volgens Somers is dit tot dusver sy gunsteling lied wat hy self gekomponeer het. 


Podcasts

Neil Somers besing onmisbare liefde in nuwe enkelsnit:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.