On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

OFM Nights

Bloemfonteiner Gerduan Kemp stel debuut-album bekend

───   14:12 Thu, 21 Oct 2021

Bloemfonteiner Gerduan Kemp stel debuut-album bekend | News Article

Gerduan Kemp gesels met OFM Nights se Renaldo Schwarp oor sy jongste enkelsnit en album wat vandeesweek bekendgestel is. Luister na die potgooi hieronder.

"Soms moet jy jou ou baggasie agterlaat om 'n nuwe hoofstuk in jou lewe te begin.” meen Gerduan Kemp oor sy jongste enkelsnit, 'Langpad Na Môre'.

LEES OOK: Neil Somers besing onmisbare liefde in nuwe enkelsnit

Die liedjie het Kemp met ADAM se Hugo Ludik en Rubber Duc se Nick Jordaan geskryf.

Dit is Afrikaanse pop-rock treffer wat deur Kemp se onlangse besluit om Pretoria toe te verhuis geinspireer is. Die trek van Bloemfontein was 'n groot besluit vir die kunstenaar, wie ook sy eie fotografie maatskappy besit – GK Kreativ Productions.

Kemp stel Vrydag, 22 Oktober 2021 sy nuwe album, Sesde Sintuig, (waarop die snit 'Langpad Na Môre' verskyn) in Bloemfontein bekend. Die geleentheid wta by  Famous Brew and Still  gaan plaasvind beloof om 'n aand vol musiek, stories en lekker kuier te wees. Hy gaan sy splinternuwe album vir die eerste keer optree. Toegang is gratis.


Podcasts

Klanktoets: Gerduan Kemp se 'Langpad Na Môre':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.