On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - Yonder Hartsfees het iets vir almal

───   11:00 Tue, 23 Nov 2021

#OFMKunsteklop - Yonder Hartsfees het iets vir almal | News Article

Yolanda Maartens gesels met Jannie van Zyl – hoof van die Noord-Kaap Geestesgesondheid gesels oor vanjaar se Yonder Hartsfees in Kimberley.

As jarelange tuiste vir persone met ‘n intellektuele gestremdheid het Yonder geen bekendstelling nodig nie. 

LEES OOK: Emo en Demi Lee hou Grey College musiekfees

Die Noord-Kaap Geestesgesondheid het die eerste Yonder Hartsfees aangebied op 29 Augustus 2019 – 1 September 2019. Die Noord-Kaap Geestesgesondheid sien daagliks na 280 persone met ‘n intellektuele gestremdheid om. 

Yonder is beide ‘n permanente tuiste vir baie van hierdie mense, maar ook ‘n veilige hawe vir dagbesoekers. Na ‘n deeglike assessering en vaardigheidsopleiding word baie van die persone uitgeplaas in die gemeenskap waar hulle met groot sukses by plaaslike besighede werk. 

Daar is egter ook van Yonder se inwoners en dagbesoekers wat nie uitgeplaas kan word nie, maar wat daagliks hul take by een van Yonder se agtien werkswinkels op die terrein verrig. Menswaardigheid is een van die grootste doelstellings van die instelling en elke persoon wat by dié besonderse instansie betrokke is weet hulle maak elke dag ‘n verskil, hulle is belangrik en hulle het soveel talente waarvan die gemeenskap net eenvoudig móét weet. 

Dus het die instansie gedurende 29 Augustus 2019 die eerste Yonder Hartsfees aangebied vir Kimberley en omgewing ten einde hulle vaardighede en fasiliteite ten toon te stel, maar natuurlik ook vir fondsinsameling.Die feeskomitee is reeds saamgestel en menige rolspelers in die sakesektor van Kimberley is opgewonde om Yonder se hande te sterk en saam met hulle te werk om ‘n sukses van die spesiale inisiatief te maak. 

Die fees is op Yonder se terrein aangebied en het ‘n eg Noord-Kaapse geur en karakter gehad onder die skadu van die Kameeldoringbome. Die organiseerders het ‘n program saamgestel wat die hele gesin betrek en vermaak, lekker kos, lekker musiek, kunstenaars en ‘n jaarlikse kuier soos net Kimberley kan aangebied.

“Ons wil graag vir die mense van Kimberley wys dat ‘n persoon met ‘n gestremdheid ‘n geleentheid vir die publiek kan aanbied wat niks kort van ‘n ware fees is nie,” so sê Jannie van Zyl – hoof van die Noord-Kaap Geestesgesondheid. 

"Skop jou skoene uit" op die Yonder Hartsfees van DV 2 Desember 2021 – 4 Desember 2021. 

Klik hier vir meer inligting.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.