On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#BestOf2021: Dowwe Dolla bied sentraal Suid-Afrika vaarwel

───   09:00 Mon, 13 Dec 2021

#BestOf2021: Dowwe Dolla bied sentraal Suid-Afrika vaarwel  | News Article

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens kyk terug na haar gesprek met Margit Meyer-Rödenbeck en Dowwe Dolla.

'Oe, Bloem is my hart se punt! Kan nie wag om te kom jol by die Aasvoël Club nie. Een van my laaste shows OOIT!!' vertel Dowwe Dolla.

LEES OOK: Yonder Hartsfees het iets vir almal

Dowwe Dolla het beplan om einde 2020 haar stiletto’s op te hang en haar lollie op Gumtree te verkoop, maar antie Corona en haar niggie Nkosozana het haar koebaai-waai effe vertraag, maar Dolla sê: vang my nou op stage of nooit!

Margit Meyer-Rödenbeck het aan die einde van November 2021 in die OFM Kunsteklop by Yolanda Maartens aangesluit om terug te kyk na haar indrukwekkende reis met die karakter en deel ook meer agter die besluit om vir Dolla vaarwel te bied.

Luister na die potgooi hier:

In die potgooi hieronder maak Dolla self 'n draai en deel 'n boodskap aan al haar lojale ondersteuners.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.