On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Van Wyksvlei-inwoners ontsteld oor waterkrisis

───   17:15 Thu, 16 Jan 2020

Van Wyksvlei-inwoners ontsteld oor waterkrisis | News Article

Van Wyksvlei-inwoners sit weer eens met 'n waterkrisis as gevolg van die Kareeberg-munisipaliteit wat na bewering nie genoeg doen om aan die gemeenskap se behoefte te voldoen nie.


Inwoners sê die munisipaliteit het nie 'n gebeurlikheidsplan nie en gee die droogtekrisis die skuld. Kinders word gevolglik gedwing om die nuwe skooljaar sonder die nodige higiëne te begin. 

Stefanus Tities, beter bekend as Vaalman, ‘n inwoner van die Kareeberg-gemeenskap, sê dit beïnvloed familielede ook persoonlik. Baie mense van die gemeenskap kan nie was nie, huishoudelike take doen of hul plaasdiere voed nie, en moet ver afstande loop om toegang tot water te verkry by 'n gemeenskaplike kraan, sê hy.


OFM-nuus/Blaine Jones


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.