On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vuurwerke ontplof op Joolplaas

───   17:00 Fri, 31 Jan 2020

Vuurwerke ontplof op Joolplaas | News Article
PHOTO: Potchefstroom Harold

Vuurwerke wat vir die jaarlikse JOOL vuurwerkvertoning sou gebruik word het vandag (31 Januarie) omstreeks 11:30 ontplof.


Volgens Erasmus Esterhuizen, bemarking en korporatiewe identiteit van JOOL, is alles onder beheer en niemand is ernstig beseer nie. Die Herald verneem dat twee mense matige beserings opgedoen het maar dat nie een van hulle studente is nie.

“Die vuurwerke was in ‘n voertuig gebêre. Die brandweer was vinnig op die toneel om die brand in die voertuig te blus,” het hy gesê.

Volgens hom is die JOOL komitee steeds in samewerking met die polisie hard aand die werk  om die Joolplaas veilig te kry sodat vanaand se vertonings en Saterdag se vlotoptog kan aangaan.

“Die vertonings wat gisteraand sou plaasvind moes ongelukkig gekanselleer word, omdat baie van die kunstenaars reeds ander vertonings geskeduleer het,” het hy gesê.

Esterhuizen het onderneem om meer inligting deur te gee sodra daar meer duidelikheid is oor die vertonings en vlotoptog. Hy het benadruk dat hy positief is dat alles vinnig uitgesorteer sal word e ndat die vertonings en vlotoptog nog sal plaasvind.


Potchefstroom Harold

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.