On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Gong-Gong-gemeenskap kry toe nie skool nie

───   CATHY DLODLO 17:00 Mon, 10 Feb 2020

Gong-Gong-gemeenskap kry toe nie skool nie | News Article
PHOTO: Twitter: @SeamogeloG

Die Gong-Gong-gemeenskap naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap se versoek vir ‘n skool is in die parlement vir eers afgekeur.


Dit volg nadat die gemeenskap ‘n petisie met verskeie probleme aan die parlement gerig het. Die portefeuljekomitee vir Basiese Onderwys het die Noord-Kaapse Onderwysdepartement gevra om op dié versoek te reageer. Die gemeenskap se petisie vra ook dat die provinsiale regering ingryp om probleme soos wydverspreide alkohol-misbruik en werkloosheid aan te spreek. 

Die hoof van die Onderwysdepartement, Tshepo Pharasi, het parlementslede daarop gewys dat daar nie genoeg leerlinge is om die bou van ‘n nuwe skool te regverdig nie. Hy sê die provinsie se begroting is skaars genoeg om bestaande skole se deure oop te hou en kan daarom nie aan die gemeenskap se versoek voldoen nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.