On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Omkeerplan vir Departement van Gesondheid in Noord-Kaap

───   11:14 Wed, 19 Feb 2020

Omkeerplan vir Departement van Gesondheid in Noord-Kaap | News Article

'n Geslote vergadering tussen senior bestuur van die departement van gesondheid in die ZF Mgcawu distrik munisipaliteit is gehou, waar die LUR vir Gesondheid in die provinsie, Mase Manupole, haar departement se omkeerplan aan werknewers voorgehou het


Manupole sê dienslewering gaan geprioritiseer word terwyl pasiente wat lang afstande na klinieke moet reis ook hulle kroniese medikasie by geselekteerde kerke in hulle onderskeie gemeenskappe voorts sal kan kry. 

Sy sê haar departement gaan veral kyk na die uitstryk van probleme by klinieke waar 'n tekort aan personeel probleme skep, asook die probleme by die Dokter Harry Surtie hospitaal in Upington waar die lykhuis onklaar geraak het, en probleme binne die forensiese patalogiese afdeling ervaar was.

 Sy sê ondersoek word nou gelas na wat die oorsaak was, en wie daarvoor verantwoordelik is. Die LUR het ook benadruk dat dienslewering aan inwoners die departement se hooffokus bly. 

Sy het alle hoofde en personeel by gesondheidsorg fasiliteite gevra om hulle werk met passie en respek uit te voer.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.