On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

NK-munisipaliteit veroordeel onwettige plakkery

───   17:15 Thu, 20 Feb 2020

NK-munisipaliteit veroordeel onwettige plakkery | News Article
PHOTO: Roderick Titus

Die Dawid Kruiper-munisipaliteit in Upington in die Noord-Kaap sê die plakkery deur inwoners by Oranjeweg is onwettig en plaas onnodige druk op dienslewering in dié gebied.


'n Plaaslike raadslid van die munisipaliteit, Sabina Masikani, sê inwoners moet nie onwettig grond beset nie aangesien dit nie net druk op dienslewering plaas nie, maar ook 'n strafbare oortreding is.

Die munisipaliteit het vroeër ook 'n nommer beskikbaar gestel wat gebruik kan word om anoniem vandalisering van raadseiendom en die onwettige storting van vullis te rapporteer. Inwoners kan die nommer 079-063-8082 gebruik.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.