On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Hoof van Noord-Kaapse departement tydelik geskors

───   12:26 Thu, 27 Feb 2020

Hoof van Noord-Kaapse departement tydelik geskors | News Article
Photo: Facebook - DSAC NCape

Die hoof van die Noord-Kaapse Departement van Sport, Kuns en Kultuur, Ruth Palm, is tydelik geskors ná 'n voortslepende staking deur amptenare in die ZF Mgcawu-streek - wat Upington insluit.


Die amptenare het gister 'n memorandum met eise aan Premier Zamani Saul se kantoor oorhandig.

Hierin eis hulle onder meer Palm se kop nadat sy in 'n verslag van die Openbare Beskermer by korrupsie van meer as 'n miljoen rand betrek word.

Die streeksekretaris van Nehawu, Pindile Rafisha, het vanoggend aan OFM-nuus gesê as daar nie aan hulle eise voldoen word nie, gaan die staking na verwagting na ander streke uitbrei.  


OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.