On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

950 leerders opgewonde oor splinternuwe Primêre Skool Petrusville

───   ZENANDE MPAME 13:06 Thu, 11 Apr 2024

950 leerders opgewonde oor splinternuwe Primêre Skool Petrusville | News Article
Die nuwe Primêre Skool Petrusville. Foto: Facebook/Northern Cape Department of Education

“Die strukture word as ’n gesondheidsgevaar vir die leerders en opvoeders beskou.”

Die Noord-Kaapse Onderwysdepartement het Woensdag (10/4) ’n splinternuwe laerskool op Petrusville in gebruik geneem as deel van sy projek om skoolgeboue te vervang wat asbes bevat.

Dié nuwe skool sal 950 leerders huisves en die totale begroting vir die bouwerk was R94 miljoen.

Premier dr. Zamani Saul, vergesel deur Onderwys-LUR Zolile Monakali en die LUR vir Jeug, Vroue, Persone met Gestremdhede, Kommunikasie en e-Regering, Venus Blennies, het die nuwe laerskool amptelik geopen.

Leerders en ouers van die Primêre Skool Petrusville. Foto: Facebook/Northern Cape Department of Education

“Ons het hierdie skool in 2021 begin bou en ons is nou waar ons wil wees. Hierdie skool behoort aan die gemeenskap van Petrusville,” het Monakali gesê. “Ons moet vir hierdie skool sorg, en as ouers moet ons eienaarskap van hierdie skool neem.”

“Ons moet seker maak ons kinders kom skool toe en kan hulle voorberei vir hul toekoms. Ek wil julle ook bedank dat julle geduldig met ons was, want dit het ’n ruk geduur om die skool te voltooi.”

Die nuwe skool is toegerus met ’n moderne administrasieblok, 21 klaskamers, ablusiegeriewe, ’n mediasentrum, twee wetenskaplaboratoriums, ’n dubbel VKO-klaskamer en ’n voedingsentrum.

Die binnehof  of vierkant by die skool. Foto: Facebook/Northern Cape Department of Education

Die skoolsaal, kombuis en sportveld is nog in aanbou, maar die projek is 82% voltooi.

“Die regering sal altesaam R94 miljoen (belastingbetalersgeld) aan die projek bestee. Dit beteken dat hierdie skool nie aan die regering behoort nie, maar aan die gemeenskap,” het Saul gesê.

“Ek moedig die gemeenskap aan om verantwoordelikheid vir die skool te aanvaar en hul skool te beskerm. Hierdie skool is vir ons kinders en in die nabye toekoms sal dit dokters en prokureurs oplewer.”

Die LUR en Premier stap op die perseel van die skool rond. Foto: Facebook/Northern Cape Department of Education

Nuwe meubels is ook deur die LUR vir Onderwys belowe aangesien die leerders steeds hul ou meubels gebruik. Die rekenaars vir die rekenaarlaboratoriums is nog nie afgelewer nie, maar die LUR het die ouers en leerders verseker dit sal binnekort afgelewer word.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.