On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

VIDEO: Vrouestudent klou aan verhandeling in sak

───   11:27 Wed, 13 Sep 2017

VIDEO: Vrouestudent klou aan verhandeling in sak | News Article

'n Vrouestudent van Johannesburg het 'n aanval van twee gewapende mans afgeweer - alles om haar magisterverhandeling te beskerm.


Die voorval het Dinsdag in die Johannesburgse voorstad Auckland Park gebeur.  

Noxolo Ntusi, 'n mediese wetenskaplike by die Nasionale Gesondheidslaboratorium, sê sy was op pad huis toe ná werk toe 'n motor langs haar stilgehou het.  

Twee mans, waarvan een 'n vuurwapen gehad het, het uitgespring en haar sak probeer gryp.  Ntusi het egter geweier om die sak te los.  Sy sê sy het op die grond opgekrul en haarself so swaar as moontlik probeer maak.  

Die mans het eers probeer om haar in die motor te laai, maar het later moed opgegee en weggejaag.  

Ntusi het intussen gesê sy weet vir haar eie veiligheid moes sy vir hulle die sak gegee het, maar sy het net nie kans gesien om die verhandeling, wat so te sê klaar is, te verloor nie.  Sy het die hardeskyf met die enigste afskrif van haar verhandeling in haar sak gehad en het daardie dag nie tyd gehad om dit op haar rekenaar te dupliseer nie.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.