On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

Avozillas opgeraap in Australië

───   11:24 Wed, 11 Jul 2018

Avozillas opgeraap in Australië | News Article
David Groves wys sy Avozilla. FOTO: ABC

Australiërs is in hul noppies omdat hulle nou ook, soos Suid-Afrikaners, kan smul aan avokadopere – vyf keer groter as die tipiese avokadopeer.


Die eerste van dié avokado's is drie weke gelede op ‘n plaas in Queensland gepluk. David Groves kan sedertdien nie voorbly met die verskaffing van dié nuutjie aan die mark nie.

Groves sê sy Avozillas weeg gemiddeld 1,2kg, maar hy het al ‘n knewel van 1,8kg van een van sy 400 bome gepluk. Hy sê hulle het ‘n deeglike proe-sessie gehad voordat hulle die bome vanaf Suid-Afrika bestel het en sy familie het besluit dié botterige smaak sal die Ossie-smaakbekers geval. En hy was reg! Mense staan tou en groothandelaars is binne enkele ure uitverkoop.


OFM-nuus/Karien Jordaan

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.