On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Foto's: Emosies loop hoog in Trompsburg-hof

───   12:56 Thu, 13 Sep 2012

Foto's: Emosies loop hoog in Trompsburg-hof | News Article
Lani Fouché

Trompsburg - Emosies het vanoggend hoog geloop in die Trompsburg-landdroshof waar drie verdagtes hul eerste verskyning gemaak het in 'n opspraakwekkende dubbel-moordsaak.

Moeketsi MacDonald, Nkululeko Mvumvu en Phinias Touto Mothibi word verdink van die wrede moord op 'n bejaarde egpaar, Johan en Cecile Fourie, op hul plaas Knoppe in die Trompsburg-distrik Sondag.

Beskuldigings en afjakke het uit die volgepakte galery gevlieg toe die drie verdagtes die hofsaal binnekom. Die egpaar is glo met 'n byl en graaf in hul huis doodgemaak.

Hul seun, Louis-Chris, het buite die hof aan OFM Nuus gesê dit was 'n onbeskryflike gevoel om vir die eerste keer oë op sy ouers se vermeende moordenaars te lê.

Landdros Pitso Molutsoane het die saak tot volgende Donderdag uitgestel om kans te gee vir verdere ondersoeke, en sodat die beskuldigdes regshulp kan bekom.



Boere en familielede kom byeen buite die hof.



Die egpaar se seun, Louis-Chris Fourie.



Die egpaar se ander seun, Nico Kruger.



'n Volgepakte hofsaal in Trompsburg.



Louis-Chris en sy vrou, Christha.








Nico is emosioneel wanneer die verdagtes die hofsaal binnekom.





Die verdagtes: Moeketsi MacDonald, Nkululeko Mvumvu en Phinias Touto Mothibi.


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.