Local News
GW-stad: Skool het glo nie regte prosedure gevolg nie─── 12:50 Mon, 17 Sep 2012
Mariné Jacobs
Bloemfontein - Die minderjarige wat beskuldig word van die Griekwastad trippel-moorde wend hom tot die Bloemfonteinse Hooggeregshof omdat die skool nooit aan hom die geleentheid gegee het om te reageer op die bewerings wat teen hom gemaak word nie.
Die 16-jarige se prokureur, Stoffel de Jager, sê dat die skool die seun toegang tot die skoolgronde geweier het, sonder om die regte prosedure te volg.
De Jager wou nie uitbrei oor die redes vir hul besluit om tot hierdie stap oor te gaan nie. Dit kom nadat die seun se hoërskool in Bloemfontein besluit het om nie die seun toe te laat om terug te keer skool toe nie, maar hom eerder by te staan met tuisonderrig.
Die seun is op 3 September borg van R5 000 in die Griekwastad Landdroshof toegestaan. Een van die borgvoorwaardes was dat hy met sy skoolloopbaan moet voortgaan, maar hy is toe toegang tot klasse geweier.
Die saak sal Donderdag in die hof voorkom.
Die naam van die skool is aan OFM bekend, maar word op regsadvies weerhou.