On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Minderjarige GW-stad seun móét sielkundig deeglik geëvalueer word

───   16:23 Mon, 01 Oct 2012

Minderjarige GW-stad seun móét sielkundig deeglik geëvalueer word | News Article
Lani Fouché

Bloemfontein - Die seun wat aangekla word van die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad móét deeglike sielkundige evaluasie ondergaan. Dit is die aanbeveling van een van die land se voorste forensiese sielkundiges, Prof Dap Louw van die Universiteit van die Vrystaat.

Louw sê hy kan nie verstaan waarom die 16-jarige seun, wat verdink word van die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp op hul plaas vroeër vanjaar, nog nie deur 'n sielkundige geëvalueer is om sy geestestoestand vas te stel nie.

Dit, sê Louw, sal ook waarskynlik Donderdag 'n invloed hê op die staat se appèlaansoek teen die R5 000 borgtog wat verlede maand aan die seun toegestaan is.


Louw beveel ook aan dat die seun NIE voordat die hof 'n uitspraak gelewer het, terug by sy skool in Bloemfontein toegelaat moet word nie.

Die landdroshof op Griekwastad het vandag beslis dat die verhoor van 11 tot 29 Maart aanstaande jaar in die Noord-Kaapse Hooggeregshof sal plaasvind.



Podcasts

Prof Dap Louw:

Prof Dap Louw:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.