Local News
Potch student kritiek ná val van dak─── 16:32 Sat, 27 Oct 2012
Dane Beisheim
Potchefstroom - ’n Jong vrou is in 'n kritieke toestand met 'n lugambulans na Millpark Hospitaal in Johannesburg vervoer nadat sy deur 'n dakvenster by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom vanoggend geval het. Sy en ’n groep vriende was na bewering vroeg vanoggend op die dak van die J. Chris Coetzee gebou om die son te sien opkom toe die voorval plaasgevind het. Die beseerde het ongeveer vyftien meter geval. NWU woordvoerder Kiewiet Scheppel het meer besonderhede. Die beseerde student is aanvanklik na die Potchefstroom Medi-Clinic geneem voor sy na Johannesburg oorgeplaas is.