Local News
Vrou in Petrusburg-plaashuis beroof─── 09:21 Wed, 07 Nov 2012
Lani Fouché -
Petrusburg - Die polisie ondersoek ‘n saak van huisbraak nadat ‘n vrou gistermiddag in haar plaashuis naby Petrusburg met messe bedreig en besteel is. Vrystaatse polisiewoordvoerder Zweli Mohobeleli sê twee gemaskerde mans het gistermiddag omstreeks 2uur in die huis op die plaas Beginsel op die R64 ingebreek. Daar het hulle ‘n 29-jarige vrou met messe aangehou, en haar gedwing om die kluis oop te sluit. Hulle het te voet gevlug met ‘n onbekende kontantbedrag. Niemand is in die voorval beseer nie. Die polisie soek steeds na die verdagtes.