On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Toename in okkult- en satanisme-verwante misdade

───   13:08 Wed, 14 Nov 2012

Toename in okkult- en satanisme-verwante misdade | News Article
Lani Fouché

Bloemfontein - Die polisie in die Vrystaat het hulle hande vol met 'n toename in okkult- en satanisme-verwante misdade in skole.

Polisiewoordvoerder Billy Jones het bevestig dat sommige voorvalle met bendes in en buite skole verbind word.

Hy sê 'n hoë voorkoms is aanvanklik in die Botshabelo-area aangemeld, maar dit blyk of dit nou na die groter Mangaung-gebied versprei.
 
Johan de Beer, 'n spesialis in okkultiese teorie en praktyke by Auksano, sê egter daar is nie 'n enkele dorp in die Vrystaat waar hierdie tipe bedrywe nié in skole voorkom nie.

De Beer sê daar klop daagliks tussen twee en drie kinders by hul deur aan wat hulp soek om van dié bendes los te breek.

Die polisie sê hul het skole-bewusmakingsprogramme in plek om sulke bedrywe hok te slaan. Lees 'n volledige berig in vandag se Bloemfontein Courant.



Podcasts

Johan de Beer:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.