Local News
Verdagte vasgetrek vir vanoggend se Bainsvlei-aanval─── 16:37 Tue, 20 Nov 2012
Christopher Motabogi
Bloemfontein - Die Bloemfonteinse polisie sê hul flink optrede het gelei tot die arrestasie van ‘n man wat met vanoggend se gru-aanval op ‘n vrou van Bainsvlei verbind word.
Die 32-jarige vrou ontvang tans behandeling in Mediclinic Bloemfontein.
Polisiewoordvoerder, Chaka Marope sê die man is gearresteer terwyl hy ‘n taxi na die stad wou haal. Geld wat tydens die rooftog gebuit is, is in die verdagte se besit gevind.
Die vrou is vroeg vanoggend op hul Bainsvlei-kleinhoewe in haar huis oorval en gesteek - vermoedelik met 'n gebreekte bottel.
Mediclinic Bloemfontein woordvoerder, Amanda Appelgryn, sê die vrou is tuis deur ER24 paramedici behandel voordat sy afgevoer is.

Chaka Marope: