Local News
Vermeende pastorie-moordenaars verskyn weer vandag─── 07:08 Wed, 12 Dec 2012
Lani Fouché -
Harrismith - Die vermeende moordenaars van 'n Harrismith-dominee en sy aanstaande skoonseun verskyn vandag (Woensdag) weer in die dorp se landdroshof.
Martin Brits en Elliot Mhlambi is na bewering verantwoordelik vir dominee Willem Brits en Gerhardus Vermeulen se moord verlede maand.
Willem se vrou, Dorothea, is in die voorval beseer.
Martin is Willem se seun, en Mhlambi was glo vroeër sy tronkmaat in Frankfort. Martin het uit die staanspoor gesê hy gaan nie om borgtog aansoek doen nie en Mhlambi het later dieselfde aangedui.
Die polisie sê dit is onwaarskynwlik dat die ondersoek teen vandag afgehandel sal wees en die verrigtinge sal heel moontlik weer uitgestel word.
Martin het reeds 'n skuldbekentenis afgelê.
Intussen gaan Dorothea moontlik later die week uit die Mediclinic Bloemfontein ontslaan word en by 'n rehabilitasie-eenheid opgeneem word.
Hospitaalwoordvoerder Amanda Appelgryn sê dit gaan goed met haar, en sy kan al self regop sit en praat.
'n Maatskaplike werker het haar verlede naweek van die dood van haar man en die arrestasie van haar seun ingelig. Sy ontvang daagliks berading.