On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Thea Brits verskyn vlugtig in Harrismith-hof

───   LANI FOUCHÉ 14:27 Fri, 08 Feb 2013

Thea Brits verskyn vlugtig in Harrismith-hof | News Article
Lani Fouché

Harrismith - Thea Brits, die dogter van die vermoorde dominee Willem Brits van Harrismith, se saak is vanoggend uitgestel tot 25 Februarie vir verdere ondersoek.

Sy het glo geld uit haar verloofde se bankrekening getrek na sy moord verlede jaar. Die nasionale vervolgingsgesag het vroeër gesê sy staar ook 'n aanklag van die rig van 'n vuurwapen in die gesig. Die besonderhede oor dié klag is steeds onduidelik.
 
Thea se pa en haar verloofde, Gerhardus Vermeulen, is verlede jaar in hul pastorie vermoedelik deur haar broer, Martin, en medepligtige Elliot Mhlambi, vermoor.
 
Haar ma, Dorothea, is ernstig beseer en sterk tans in die Life Pasteur-hospitaal in Bloemfontein aan.

Thea is nie in aanhouding nie.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.