On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Rastafariërtjie wen saak in Bfn hooggeregshof

───   17:07 Fri, 17 May 2013

Rastafariërtjie wen saak in Bfn hooggeregshof | News Article
Galoome Shopane

Bloemfontein - Die 13-jarige Rastafariër-meisie van Welkom wat sedert die begin van die jaar slegs 13 dae in 'n klaskamer deurgebring het oor haar haarstyl, kan Maandag weer saam met haar maats skoolgaan.
 
Die hooggeregshof in Bloemfontein het vanmiddag beslis dat die provinsiale onderwyshoof teen 16 Julie 'n inhaalprogram vir Lerato Radebe gereed moet hê.

Regter Phalatsi het beslis dat daar diskrimerend teenoor haar opgetree is en dat Leseding Tegniese Hoërskool haar voortaan soos enige ander leerder moet behandel.
 
Lerato het volgens getuienis in die hof getrou vir skool opgedaag, maar is elke dag beveel om in die personeelkamer te sit. Pouses kon sy wel met haar maats op die speelgrond deurbring. Van Maandag af skuif sy nou weer agter 'n skoolbank in.

Haar oom, Refiloe, was verheug oor die uitspraak.








Podcasts

Refiloe Radebe:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.