On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

NK-onderwyseres word vergoed na sy weier om met punte te kul

───   17:05 Thu, 23 May 2013

NK-onderwyseres word vergoed na sy weier om met punte te kul | News Article
Die Noord-Kaapse onderwysdepartement is beveel om 'n onderwyseres te vergoed nadat sy geweier het om 'n leerder se punte aan te pas sodat hy kan slaag.

Woordvoerder vir die departement, Sydney Stander, het bevestig dat hulle 'n bevel van die raad van onderwys-arbeidsverhoudinge ontvang het om die Wiskunde en Wetenskap-onderwyseres van Hoërskool Kakemas, Arlene Nel, te vergoed.

Sy is in Januarie per sms deur die skoolhoof afgelê nadat sy glo geweier het om met sy graad 11-seun se akademiese resultate te peuter sodat hy kon slaag.

Stander sê die departement oorweeg die bevel en 'n vergoedingspakket sal binnekort vasgestel word.

Sapa

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.