On Now
Weekends 19:00 - 20:00
Nuut in Afrikaans Johrné
Show Background
NEXT: 20:00 - 22:00 Sunday Night with OFM
Listen Live Streams

Local News

Ek sal aanhou veg vir geregtigheid: Renate Barnard

───   OWEN KOCK 15:21 Wed, 06 Nov 2013

Ek sal aanhou veg vir geregtigheid: Renate Barnard | News Article
Owen Kock
 
Bloemfontein - Sy hou geen grief teen haar werkgewer, die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie.
 
So sê Renate Barnard wat die SAPS die laaste agt jaar in die hof die stryd aansê omdat sy twee keer oor die hoof gesien is met bevordering.
 
Sy hou vol sy is ‘n trotse lid van die SAPS. Sy was tydens twee onderhoudsgeleenthede glo die beste kandidaat, maar is weens haar velkleur nie aangestel nie.
 
Barnard het gesê sy kry die ondersteuning van haar kollegas en sal aanhou veg tot geregtigheid seëvier.

Barnard sou tot luitenant-kolonel bevorder geword het op die basis van haar prestasiegeskiedenis en die aanbevelings van die onderhoudpaneel, was dit nie vir haar velkleur nie.
 
So het die vakbond Solidariteit vandag in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein aangevoer.
 
Uitspraak is voorbehou.

 
 

Podcasts

Renate Barnard was in die Appélhof in Bloemfontein vandag:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.