On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

GWStad-moordverhoor: 'Ons staan by hom, ook deur appèlproses'

───   SABRINA DEAN 16:40 Fri, 15 Aug 2014

GWStad-moordverhoor: 'Ons staan by hom, ook deur appèlproses' | News Article
Sabrina Dean
 
Kimberley - Mense wat die moord- en verkragtingsveroordeelde Griekwastadseun deur sy uitgerekte verhoor bygestaan het, sal aanhou om dit te doen - ook deur die appèlproses.
 
Die man wat as die seun se voog opgetree het, het aan OFM-nuus gesê daar kom beslis 'n appèl teen die uitspraak. Die man en sy vrou is van die mense wat steeds in die seun se onskuld glo.
 
Die tiener is in Maart skuldig bevind aan die moord op Deon, Christel en Marthella Steenkamp, Marthella se verkragting, asook regsverydeling.
 
Hy is Woensdag tot 20 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.
 
Die seun gedenk vandag sy 18de verjaardag en mag volgens wat berig word vir die volgende drie weke geen besoekers ontvang nie. Ook nie vandag nie.





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.