On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Vonnisoplegging in Lianné Greyling-saak begin

───   OWEN KOCK 06:41 Wed, 22 Jul 2015

Vonnisoplegging in Lianné Greyling-saak begin | News Article

Bloemfontein - Die vonnisoplegging van die veroordeelde dief en bedrieër, Lianné Greyling, begin na verwagting vandag in die Bloemfonteinse Streekhof.

Verrigtinge is tot vandag uitgestel nadat die verdediging tydens 'n vroeëre hofverskyning aangevoer het dat hulle nog nie die langverwagte maatskaplike- of korrektiewe verslae ontvang het nie. Hulle wag reeds 'n paar maande daarvoor.
 
Landdros Marina Voges het die verdediging ‘n finale uitstel gegee, terwyl die staat aanvoer dat Greyling 'n beampte van haar keuse versoek het om die korrektiewe verslag op te stel. Greyling het glo die versoek aan haar regsspan gerig.
 
Sy is op 22 April vanjaar skuldig bevind aan 12 klagte van diefstal en 12 van bedrog, terwyl 12 ander klagte deur die staat teruggetrek is. Sy bly in aanhouding in die Kimberley-gevangenis.
 
Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.