On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Memel in skok ná dubbele moord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:13 Wed, 21 Oct 2015

Memel in skok ná dubbele moord | News Article

Memel - Die dorpie Memel in die noordoostelike deel van die Vrystaat is in skok nadat die lyke van twee bekende inwoners op die dorp vanoggend in hul huis gevind is.

Charlotte Viviers, wat vir verskeie gemeenskapskoerante gewerk het, se lyk is in hul huis se woonkamer gekry en haar vriend Eric Oosthuizen, ‘n eienaar van die plaaslike vulstasie, is ook dood aangetref. Hulle is vermoedelik verwurg.

‘n Vriend van die oorledenes, Frans Geldenhuys, sê Viviers se man, Viv, wat die aanval oorleef het, het aan hom gesê hy het gistermiddag omstreeks 18:00 van die plaas teruggekeer toe hy deur twee mans in die huis oorval en vasgebind is.

Charlotte en Oosthuizen was na bewering toe reeds deur die booswigte aangeval. Geldenhuys sê Viv is aangerand en met ‘n mes gesteek. Hy het ook brandwonde opgedoen.

Die Viviers-egpaar en Oosthuizen het saam in die huis gebly.

Volgens Geldenhuys is die gemeenskap platgeslaan. Hy sê Charlotte, ‘n Altzheimer-leier, en Oosthuizen was baie geliefd en ware staatmakers in die gemeenskap.

Die Viviers-egpaar was goeie vriende van Geldenhuys en sy vrou. Hulle het gereeld saam met vakansie gegaan. “Oom Eric was ‘n goeie pel. Hy was altyd vol dingetjies om iemand ‘n streep te trek.”

Geldenhuys sê die booswigte het Viv verniel. Viv sou nooit iemand skade aandoen nie en lag altyd.

Volgens hom is Viv nog erg getraumatiseerd ná die voorval. Sy kinders sien nou om na hom.

Die polisie het vroeër gesê ‘n huiswerker het vanoggend op ‘n beseerde Viv afgekom wat sedert gistermiddag se aanval vasgebind was. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Frans Geldenhuys:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.