Local News
Wat van inheemse tale, vra Vrystaat Sadou─── 11:09 Fri, 25 Mar 2016

Bloemfontein - Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in die Vrystaat sê daar is nie ‘n woord gerep nie oor die leer van ander inheemse tale tydens die onlangse Vrystaatse onderwysbegrotingsrede.
Vrystaat Sadou-sekretaris, Mokholoane Moloi, sê die gebruik en leer van inheemse tale is die hoeksteen om elkeen se erfenis te bevorder.
Die departement het tydens die begrotingsrede bekendgemaak dat meer gedoen gaan word om leerders en onderwysers se Engels-vaardighede te verbeter.
Moloi het ook gesê die bedrag van R757 000, om veiligheid by skole op te skerp om leerders, onderwysers en amptenare se veiligheid te verseker, is te min. Sadou voel voltydse personeel moet by skole aangestel word, wie se verantwoordelikheid dit moet wees om veiligheid te verseker, veral in hoë-misdaad gebiede.
André Grobler/OFM-nuus