On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Kouer toestande later vandeesweek verwag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:04 Mon, 03 Oct 2016

Kouer toestande later vandeesweek verwag | News Article

Bloemfontein - Nóg 'n geringe daling in temperature word later vandeesweek in groot dele van die binneland voorspel.


'n Weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Phemelo Zonke, sê dié daling is weens 'n koue front wat Donderdag deur die suid-westelike deel van die Wes-Kaap beweeg. 

Dít kan 'n daling in temperature teen Donderdag in die Noord-Kaap veroorsaak, terwyl dagtemperature in dele van die Vrystaat en die sentrale en westelike deel van Noordwes teen Vrydag kan daal.

Zonke sê warm toestande gaan steeds in 'n groot deel van die binneland voorkom, met 'n  daling in temperature in die suidelike deel van die Vrystaat. Temperature onder 22 grade Celsius word voorspel op plekke soos Fauresmith. 

Warmer temperature gaan in die Noordwes voorkom met temperature wat gaan wissel tussen 26 grade Celsius en 28 grade Celsius. Daarmee saam gaan die noord-oostelike deel van Noordwes ook warm wees. 

‘n Maksimum dagtemperatuur van 24 grade Celsius, wat steeds gunstig is, word Vrydag vir Bloemfontein voorspel. 

 Sy sê daar is 'n 30%-kans op verspreide donderbuie eerskomende Saterdag en Sondag oor die grootste deel van die Vrystaat en Noordwes. 

Oggend-temperature sal na verwagting vandag en môre begin toeneem ná 'n daling in dag- en nagtemperature die afgelope naweek. 

Dié daling het met sterk wind sedert Saterdag in 'n groot deel van die Vrystaat voorgekom. 

Volgens haar was dit weens 'n koue front wat van die Wes-Kaap deur die binneland beweeg het.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.