On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Shosholoza Meyl veilig in die Kaap

───   ANDRE GROBLER 09:23 Sun, 19 Feb 2017

Shosholoza Meyl veilig in die Kaap   | News Article

De Aar - Die Shosholoza Meyl het vanoggend vroeg veilig in Kaapstad aangekom nadat dit vir ‘n geruime tyd op De Aar in die Noord-Kaap vertraag is.


‘n Woordvoerder van die Departement van Vervoer, Ishmael Mnisi, sê die trein kon gisteraand vertrek nadat ‘n elektriese fout op die trein se roete deur Eskom herstel is. 

Mnisi sê die trein het vanoggend om 03:30 in die Kaap aangekom. 

Vroeër het die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, om verskoning gevra omdat die trein gestrand was op De Aar weens ‘n oorhoofse elektriese fout. 

Die trein was van Johannesburg na Kaapstad onderweg.

Peters het gesê die vertraging was nodig om die veiligheid van die passasiers te verseker. Kos, koeldrank en water is aan passasiers verskaf tydens die vertraging weens die warm weer in die Karoo. 

Mediese nooddienste is ook op gereedheid geplaas. 

- OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.